Terms & kondisies
Wat presies ons offer
Ons doen navorsing oor u direkte manlike lyn van voorvaders. Dit beteken die lyn wat deur u van oorgedra word. Ons kyk dus na u pa se pa, u pa se pa, u pa se pa se pa, en so voorts.
Ons sal dieselfde proses op aanvraag vir 'n aparte betaling doen aan u ma se manlike lyn wat deur haar nooiensvan aangedui word - haar pa, haar pa se pa, en so voorts.
Op die dieper paket las ons soveel inligting by as wat ons kan, insluitend blyplekke, addisionele familie, grafte, redes van dood, fotos, en enige interessante stories. Maar, ons kan dit nie waarborg nie omdat die internet net soveel inligting bevat.
Akkuraatheid
Ons mik om so akkuraat as moontlik te wees: ons kyk vir doopsertifikate, sterfkennisse, trou dokumente, en ander hulpbronne vir inligting rondom geboortedatums, ouderdomme, en sterfdatums.
Hierdie dokumente verwys gereeld na ander familie lede, blyplekke, mediese inligting, en so voorts.
Ons maak staat op die inligting wat op die oomblik beskikbaar is. Ons kan nie waarborg dat ons na alle beskikbare bronne gaan kyk nie of dat ons nie foute gaan maak nie.
Privaatheid
1. U aanvaar dat u die reg het om persoonlike inligting te deel van uself en u familie (insluitend kinders) wat nodig is vir hierdie navorsing. Dit sluit in informasie rakende geloof, etnisiteit en herkoms.
2. U aanvaar ons mag die persoonlike inligting wat u verskaf stoor en gebruik slegs vir u genealogiese navorsing.
3. Ons prosesseer alle persoonlike inligting net so ver as wat nodig is en vir geen ander doeleindes nie.
4. Ons deel nie u persoonlike inligting met enige derde partye nie, tensy dit met u skriftelike toestemming is of deur die wet vereis word. Ons deel nie u inligting met derdeparty-bemarkers nie.
5. Ons hou by die Protection of Personal Information Act (POPIA) om u inligting te beskerm. Dit sluit onder andere die volgende in (sien die POPIA beleid vir meer):
5.1. U mag enige tyd vra dat ons u persoonlike inligting verwyder van ons databasis.
5.2. U mag enige tyd vra dat ons u inligting aan u beskikbaar stel.
5.3. Ons stoor u informasie veilig op 'n password-protected sisteem.
5.4. Ons sal u laat weet as enige ongemagtige persoon toegang kry tot u persoonlike informasie.
5.5. Ons sal u persoonlike inligting binne 12 maande verwyder, tensy u dit vroeër verwyder wil hê.
5.5. Jacques Kuun (jr) is die sole proprietor, geregistreer as 'n Information Officer, soos vereis deur POPIA, om te verseker dat u persoonlike informasie beskerm word.
Betalings en tye
1. Voor enige betaling, doen ons 'n basiese ondersoek met die inligting wat u verskaf om te sien of daar meer inligting op die internet beskikbaar is. As daar geen resultate beskikbaar is nie, sal ons u laat weet.
1.1. Ons mag dalk lank vat om terug te kom as ons baie kliënte het. Asseblief kontak ons as u dink ons het vergeet.
1.2. Ons behou die reg voor om, sover die wet toelaat, te wyer om met enige kliënt te werk.
2. Geneologiese navorsing kan weke of selfs maande vat en afhang van hoeveel kliënte ons huidiglik dien. Ons mik om binne 'n maand van betaling ons resultate met u te deel, maar dit mag langer vat.
3. Die volle prys moet betaal word binne vier weke na ons terugkom om te sê ons het al die informasie versamel. Indien nie.
4. Daar is net so veel inligting beskikbaar: ons kan nie waarborg dat ons u familielyn baie ver kan opsoek nie of dat ons enige interessante feite sal kry nie.
5. Ons fokus is op families wat al lank in Suid-Afrika gestig is. Behalwe vir die twee kern pakette, is u welkom om te vra vir 'n meer spesifieke ondersoek vir 'n geskikte prys.
6. Die pryse is huidelik soos volg:
6.2. R1000 vir die dieper paket.
Algemene bepalings
1. Alle navorsings en resultate word vir persoonlike gebruik verskaf en mag nie sonder toestemming vir kommersiële doeleindes gebruik word nie.
2. Ons is nie aanspreeklik vir enige verlies of skade as gevolg van die gebruik van genealogiese data of onakkuraathede in openbare bronne nie.
3. Die inhoud van hierdie terme en kondisies, sowel as die pryse en beskrywings van die pakette wat ons aanbied, kan van tyd tot tyd verander sonder vooraf kennisgewing.
4. Ons werk met beskikbare bronne. Ons kan nie waarborg dat kliënte tevrede sal wees met die resultate nie. Ons mik wel om alles te doen met eerlikheid, opregtheid, en professionaliteit.
5. Deur ons dienste te gebruik, aanvaar u hierdie terme en ons privaatheidsbeleid.
6. Vir enige navrae, kontak vir Jacques by:
jacques@myfamilia.co.za
PostNet Suite #0267
Private Bag X37
Lynwood Ridge
0040
Ons mag dalk lank vat om terug te kom as u deur PostNet wil kontak. Email word verkies.
Relief of Mafeking, Anne S. K. Brown Military Collection